Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 138

 

 

1.

 

'n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.

    
 
 

2.

 

Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.

    
 
 

3.

 

Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.

    
 
 

4.

 

Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond;

    
 
 

5.

 

en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot.

    
 
 

6.

 

Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.

    
 
 

7.

 

As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.

    
 
 

8.

 

Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!

    
 
 

PSALMS 139

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com