Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

JESAJA

 

Hoofstuk 64

 

 

1.

 

Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig

    
 
 

2.

 

-- soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel -- om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe

    
 
 

3.

 

wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie -- as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!

    
 
 

4.

 

Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.

    
 
 

5.

 

U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in die toestand was ons baie lank, en -- sal ons verlos word?

    
 
 

6.

 

En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

    
 
 

7.

 

En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.

    
 
 

8.

 

Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.

    
 
 

9.

 

HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.

    
 
 

10.

 

U heilige stede het 'n woestyn geword; Sion het 'n woestyn geword, Jerusalem 'n wildernis.

    
 
 

11.

 

Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword.

    
 
 

12.

 

HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?

    
 
 

JESAJA 65

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com