Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 130

 

 

1.

 

'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!

    
 
 

2.

 

Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

    
 
 

3.

 

As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

    
 
 

4.

 

Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.

    
 
 

5.

 

Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

    
 
 

6.

 

My siel wag op die Here meer as wagters op die môre , wagters op die môre .

    
 
 

7.

 

Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

    
 
 

8.

 

en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

    
 
 

PSALMS 131

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com