Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 110

 

 

1.

 

Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.

    
 
 

2.

 

U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.

    
 
 

3.

 

U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.

    
 
 

4.

 

Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis‚dek.

    
 
 

5.

 

Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.

    
 
 

6.

 

Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.

    
 
 

7.

 

Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.

    
 
 

PSALMS 111

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com