Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 108

 

 

1.

 

'n Lied. 'n Psalm van Dawid.

    
 
 

2.

 

My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.

    
 
 

3.

 

Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.

    
 
 

4.

 

Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;

    
 
 

5.

 

want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.

    
 
 

6.

 

Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!

    
 
 

7.

 

Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons!

    
 
 

8.

 

God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.

    
 
 

9.

 

G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.

    
 
 

10.

 

Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filist‚a jubel Ek.

    
 
 

11.

 

Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?

    
 
 

12.

 

Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

    
 
 

13.

 

Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. [ (Psalms 108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]

    
 
 

PSALMS 109

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com