Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 93

 

 

1.

 

Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

    
 
 

2.

 

Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.

    
 
 

3.

 

Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!

    
 
 

4.

 

Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte!

    
 
 

5.

 

U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae!

    
 
 

PSALMS 94

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com