Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 88

 

 

1.

 

'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "M halat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.

    
 
 

2.

 

HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.

    
 
 

3.

 

Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.

    
 
 

4.

 

Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.

    
 
 

5.

 

Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,

    
 
 

6.

 

vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.

    
 
 

7.

 

U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.

    
 
 

8.

 

U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.

    
 
 

9.

 

U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.

    
 
 

10.

 

My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.

    
 
 

11.

 

Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.

    
 
 

12.

 

Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?

    
 
 

13.

 

Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?

    
 
 

14.

 

Maar ‚k, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

    
 
 

15.

 

HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

    
 
 

16.

 

Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.

    
 
 

17.

 

U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;

    
 
 

18.

 

die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my. [ (Psalms 88:19) U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis. ]

    
 
 

PSALMS 89

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com