Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 74

 

 

1.

 

'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?

    
 
 

2.

 

Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.

    
 
 

3.

 

Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.

    
 
 

4.

 

U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.

    
 
 

5.

 

Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.

    
 
 

6.

 

En nou -- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.

    
 
 

7.

 

Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.

    
 
 

8.

 

Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.

    
 
 

9.

 

Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.

    
 
 

10.

 

Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?

    
 
 

11.

 

Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!

    
 
 

12.

 

Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.

    
 
 

13.

 

U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

    
 
 

14.

 

U het die koppe van die Levi tan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk -- vir woestyndiere.

    
 
 

15.

 

U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.

    
 
 

16.

 

Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.

    
 
 

17.

 

U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.

    
 
 

18.

 

Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.

    
 
 

19.

 

Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

    
 
 

20.

 

Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

    
 
 

21.

 

Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

    
 
 

22.

 

Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.

    
 
 

23.

 

Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie -- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

    
 
 

PSALMS 75

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com