Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 67

 

 

1.

 

Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied.

    
 
 

2.

 

Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.

    
 
 

3.

 

Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.

    
 
 

4.

 

Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

    
 
 

5.

 

Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

    
 
 

6.

 

Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

    
 
 

7.

 

Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. [ (Psalms 67:8) God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees. ]

    
 
 

PSALMS 68

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com