Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 61

 

 

1.

 

Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.

    
 
 

2.

 

o God, hoor my smeking, luister na my gebed!

    
 
 

3.

 

Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is.

    
 
 

4.

 

Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.

    
 
 

5.

 

Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.

    
 
 

6.

 

Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.

    
 
 

7.

 

Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.

    
 
 

8.

 

Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat die hom bewaar. [ (Psalms 61:9) So wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag n  dag. ]

    
 
 

PSALMS 62

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com