Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 56

 

 

1.

 

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.

    
 
 

2.

 

Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.

    
 
 

3.

 

My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.

    
 
 

4.

 

Die dag as ek vrees, sal ‚k op U vertrou.

    
 
 

5.

 

Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?

    
 
 

6.

 

Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.

    
 
 

7.

 

Hulle val aan, lê en loer -- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.

    
 
 

8.

 

Ondanks hul ongeregtigheid -- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!

    
 
 

9.

 

U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?

    
 
 

10.

 

Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.

    
 
 

11.

 

Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.

    
 
 

12.

 

Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?

    
 
 

13.

 

Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal; [ (Psalms 56:14) want U het my siel gered van die dood -- ja, my voete van struikeling -- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe. ]

    
 
 

PSALMS 57

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com