Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 43

 

 

1.

 

Doen aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!

    
 
 

2.

 

Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?

    
 
 

3.

 

Stuur u lig en u waarheid; laat die my lei; laat die my bring na u heilige berg en na u woninge,

    
 
 

4.

 

dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!

    
 
 

5.

 

Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van my aangesig en my God!

    
 
 

PSALMS 44

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com