Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 39

 

 

1.

 

Vir die musiekleier; vir Jedutun. 'n Psalm van Dawid.

    
 
 

2.

 

Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.

    
 
 

3.

 

Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.

    
 
 

4.

 

My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

    
 
 

5.

 

HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

    
 
 

6.

 

Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

    
 
 

7.

 

Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

    
 
 

8.

 

En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

    
 
 

9.

 

Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie.

    
 
 

10.

 

Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen.

    
 
 

11.

 

Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.

    
 
 

12.

 

Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela.

    
 
 

13.

 

Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders. [ (Psalms 39:14) Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie. ]

    
 
 

PSALMS 40

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com