Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 30

 

 

1.

 

'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.

    
 
 

2.

 

Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.

    
 
 

3.

 

HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

    
 
 

4.

 

HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

    
 
 

5.

 

Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

    
 
 

6.

 

want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôre ns is daar gejuig.

    
 
 

7.

 

Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

    
 
 

8.

 

HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg -- ek het verskrik geword!

    
 
 

9.

 

Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:

    
 
 

10.

 

Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

    
 
 

11.

 

Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!

    
 
 

12.

 

U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; [ (Psalms 30:13) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof. ]

    
 
 

PSALMS 31

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com