Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 23

 

 

1.

 

'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

    
 
 

2.

 

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

    
 
 

3.

 

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

    
 
 

4.

 

Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my.

    
 
 

5.

 

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

    
 
 

6.

 

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

    
 
 

PSALMS 24

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com