Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 21

 

 

1.

 

Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

    
 
 

2.

 

o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

    
 
 

3.

 

U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.

    
 
 

4.

 

Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.

    
 
 

5.

 

Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

    
 
 

6.

 

Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

    
 
 

7.

 

Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

    
 
 

8.

 

Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

    
 
 

9.

 

U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

    
 
 

10.

 

U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

    
 
 

11.

 

U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

    
 
 

12.

 

Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

    
 
 

13.

 

Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig. [ (Psalms 21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang! ]

    
 
 

PSALMS 22

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com