Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 12

 

 

1.

 

Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.

    
 
 

2.

 

    
 
 

3.

 

Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.

    
 
 

4.

 

Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,

    
 
 

5.

 

hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?

    
 
 

6.

 

Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.

    
 
 

7.

 

Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

    
 
 

8.

 

U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. [ (Psalms 12:9) Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders. ]

    
 
 

PSALMS 13

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com