Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

PSALMS

 

Hoofstuk 5

 

 

1.

 

Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.

    
 
 

2.

 

o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.

    
 
 

3.

 

Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

    
 
 

4.

 

In die môre , HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

    
 
 

5.

 

Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.

    
 
 

6.

 

Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

    
 
 

7.

 

U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.

    
 
 

8.

 

Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.

    
 
 

9.

 

HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.

    
 
 

10.

 

Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.

    
 
 

11.

 

Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.

    
 
 

12.

 

Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet. [ (Psalms 5:13) Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild. ]

    
 
 

PSALMS 6

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com