Die Heilige Bybel - Afrikaans Bible

 

JOB

 

Hoofstuk 25

 

 

1.

 

Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

    
 
 

2.

 

Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.

    
 
 

3.

 

Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?

    
 
 

4.

 

Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?

    
 
 

5.

 

Kyk, selfs die maan -- hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

    
 
 

6.

 

Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.

    
 
 

JOB 26

 

 

 

 

 
 
HTMLBible Software - by johnhurt.com